Sowat 2.5 ure noord van Pretoria lê die Waterberge (Thaba Meetse). Nóg ʼn plek wat ek leer ken het deur my sus, Liza se omswerwinge. …
Zwahili: Luukse wegbreek in die Waterberge

verken. droom. ontdek

Sowat 2.5 ure noord van Pretoria lê die Waterberge (Thaba Meetse). Nóg ʼn plek wat ek leer ken het deur my sus, Liza se omswerwinge. …

Berg en Dal: Junie 2014 Só koop ons ʼn karavaan. Ons praat al vir ʼn hele paar jaar daarvan om een te koop. Maar die …

A journey is best measured in friends, not miles. Dit klink só idillies: ʼn lekker vakansie saam met vriende. Maar, wees gewaarsku, dit kan die …

Ons het afgespreek om vir die dag Oudsthoorn en omgewing te gaan verken. Ons kry mekaar onder aan die voet van die Outeniekwa-hop en ry …

Die tuinroete bly maar mooi. Nadat ons vir Louise en Eben gegroet het is ons deur na Wilderness waar ons net bietije rondgery het. Ons is op teen die berg om na die Kaart van Afrika te kyk. Dit is ʼn bergpunt waar ʼn varswater rivier en ʼn seewater uitloper bymekaar kom. Die rooi in die water is die tanniene van die boomwortels. Die gids vertel die interessante storie van pragtige huise wat op die oewer onder gebou is – hulle was te koop vir 5 miljoen, nou vir 3.5 miljoen. Maar die eienaar kry dit nie verkoop nie want niemand wil hulle verseker teen vloedskade nie.


Vandaar is ons Heroldsbaai toe waar ons vir die volgende drie nagte slaap. ʼn Klein selfsorghuisie wat uitkyk op die see. Die huisie (genaamd: Hier is ons weer) het ‘n lieflike uitsig op die see, maar ek is bietjie teleurgesteld in die binnekant vir die prys per nag. Die gordyne het beslis al beter dekades geken.
Nadat ons ingetjek het is ons terug George toe na my tannie Petra waar my nig Heleen en haar boyfriend William uit Nederland kuier. Ons het gesellig saam geëet en gekuier.


Ons het twee nagte by Louise en Eben oorgeslaap. Dit was baie lekker. Ek is altyd benoud as ek by vriendinne gaan kuier maar ons …