Die son is besig om te sak, en ons is omring deur olifante. Regs agter my breek ‘n jong olifantkoei ‘n tak van ‘n kort boom af. Voor ons vorm ‘n stofwolk waar ‘n paar jong olifante stoei. Ons staan bo-op ‘n klipkoppie in die veld in die Groter Krugerwildtuin, ons voertuig seker so 50meter van ons af. Dít is Afrika op sy beste.
‘n Olifant-ervaring saam met Nambu Camp










