“Paris is the city in which one loves to live. Sometimes I think this is because it is the only city in the world where you can step out of a railway station—the Gare D’Orsay—and see, simultaneously, the chief enchantments: the Seine with its bridges and bookstalls, the Louvre, Notre Dame, the Tuileries Gardens, the Place de la Concorde, the beginning of the Champs Elysees—nearly everything except the Luxembourg Gardens and the Palais Royal. But what other city offers as much as you leave a train?”
― Margaret Anderson
Dit is ons tweede keer in Parys. Maar dit is so ‘n mooi stad, en daar is so baie om te sien dat ek dink mens sal nooit regtig uitgekyk wees nie.
Ons het Saterdagoggend 06:00 op Charles de Gaule lughawe in Parys geland. H+T het ons net so na 07:00 opgetel onder groot gejubel.
Ons is met ons vier na die hotel waar T+A al sedert Vrydag is. Hulle het die stad op hul eie verken die vorige dag. Dit was nogal grappig, hulle het ons op die vroegste 10:00 verwag, maar net voor 08:00 klop ons op hulle hotelkamer deur. Net wakker.
Ek en M trek vinnig vars klere aan, ons pak rugsakke en verken die stad te voet. Na ‘n heerlike croissant ontbyt koop ons metro (trein) kaarte sodat ons deur die stad kan blits met die metro.

Verlede keer was ek geweldig beindruk deur die Sacre Coeur in die Montmatre buurt. Ek het M belowe as ons ooit Parys toe kan gaan sal ons soontoe gaan. Dit was ons eerste stop – daar was ontsaglik baie toeriste, baie trappe, maar dit was die moeite werd.


Ons het stadig in die strate van Montmatre afgekuier tussen die souvenir winkeltjies tot by die volgende metro. Elkeen met ‘n stokbrood in die hand (middagete) klim ons op die trein om die Père Lachaise Cemetery te besoek. Hier is mense soos Chopin, Edith Piaf en Jim Morrison begrawe.


Ons girls was al drie in pienk toppies geklee- dit was ons toerklere vir die dag, dit het nogal gehelp om mekaar in die massas te vind.

Die La Fayette Galleries was ons volgende stop. Vandaar spring ons op die trein tot by die Eiffel toring. Ongelukkig was die rye om op te gaan te lank, en het ons net onder rondgewandel en foto’s geneem.
Teen hierdie tyd het almal se voete al gepyn, maar mens kla nie as jy die voorreg het om Parys te verken nie. Ons besluit om aandete in die kunste-buurt Montmatre te gaan eet. In ons verbystap by die Moulin Rouge sien ons ingang tot die bekende klub is E175 vir ete en ‘n show! Dis meer as R1750!

Ons vind ‘n baie gesellige restaurantjie in een van die systrate, en wraggies is die mense aan die tafel langs ons Suid-Afrikaners.
Na ete het ons weer verby die Sacre Coeur gestap om ‘n aandfoto te neem voordat ons die metro hotel toe gevat het.

Parys is steeds vir my baie vuil, en dit ruik op baie plekke soos urine. Maar dit is werklik ‘n belewenis. M het erken dat sy vorige besoek (Eiffel toring, McDonalds en Backpackers) dalk bietjie te kort geskiet het. H+T het redes opgenoem hoekom hulle tog weer sal moet terugkom en A+T kon nie uitgepraat raak oor mooi die stad is nie. So ‘n voorreg.


nice ! ek was ook al 2 x in parys…mens sien altyd weer nuwe dinge. liefs mayke
Dit klink fantasties julle, ek was een keer daar ,sal dus weer moet gaan
oma