Brugge is ongelooflik mooi. Wanneer die perdehoewe op die kobbelstene klink kan jy jou vir ‘n oomblik terugdink in die middeleeue.
Dink jy aan Belgie, dink jy aan belgiese sjokolade. Die manne het gaan kyk hoe bier gebrou word terwyl ons die sjokolade museum besoek het. Napoleon het eeue gelede reeds my sentiment oor sjokolade gedeel.
Cocoa is not a luxury, nor is it a delicacy. Its healthy nutritional properties are indusputable and undisputed and because its flavour and taste please the palate, it becomes on of the staple foods for which I proclaim a tax abatement. For it is physically and morally beneficial. Napoleon III – 1860.
Brugge is ‘n pragtige stad met gewelhuisies, indrukwekkende kerke en gragte. Ons het soos regte toeriste het ons ‘n gragtoer gedoen. Daar woon sowat 17 000 mense in Brugge sentrum. Maar die stad ontvang elke jaar 3 miljoen besoekers.
Brugge is beslis die moeite werd om te besoek. Dit word soms die Venice van die lae lande genoem.











