Ons het afgespreek om vir die dag Oudsthoorn en omgewing te gaan verken. Ons kry mekaar onder aan die voet van die Outeniekwa-hop en ry saam deur die pragtige berge tussen deur die hob-plantasies. By die toeriste inligtingsburo in Oudsthoorn word ons vriendelik vertel van al die opsies, Olifante voer, Jagluiperde streel, Kamele ry… maar alles is nogal heel prysig. Ons besluit toe uiteindelik op die Cango Wildlife Ranch net buite Oudsthoorn. Baie oulik, maar bietjie meer ʼn dieretuin as ʼn wildlife ranch.




Die gids het nogal baie gepraat, en nie alles was relevant nie. Maar oor die algemeen het ons dit nogal geniet. By die baba-cheetahs moes ek weer aan Tineke dink. Almal van ons stap met ‘n hoofpyn van hongerte uit. Tannie Petra vies vir haarself omdat sy nie vir haarself geluister het en toebroodjies gemaak het. Maar Slakkie to the rescue. Ons haal brood, botter ham en kaas uit die yskas en ek en Heleen smeer vir ons broodjies so in die staan buite die kar.
Na dit is ons deur na De Rust, ʼn klein kunstenaarsdorp so 35km buite Oudtshoorn. Jammerlik genoeg is die dorpie nie meer so mooi soos in 2008 toe ons laas hier was nie. Ons het deur een of twee winkeltjies gewandel en toe ʼn milkshake en koek gaan eet in ʼn teetuin. Die helfte van die winkels in die dorpie is egter toe en te koop. Jammerte.
Toe ons deur die berge terugry in George is dit skielik koud en bewolk terwyl dit baie warm (31gr) was in Oudtshoorn. Gelukkig was dit in Heroldsbaai lekker weer en ons kon ʼn vleisie op die vuur braai. Die verblyf info het gestipuleer dat ons kan braai, maar ons vind geen braaier nie! Marius het toe om die blok gaan stap om te kyk of ons iewers een kan leen. Hy sien toe die eenhede reg bo ons het ingeboude braaiers op hul balkon. En sowaar, die deure soontoe is oop. Dus het ons bo gebraai en onder geëet. ʼn Pretorianer maak ʼn plan vir ʼn braai.



Oulik tanya , liefs