Paleise, Pouse en Pont Saint Benezet

Wanneer ‘n restaurant-eienaar (Basta Cosi) spesiaal uitstap om jou kom baai sê en die gastehuis-eienaar in Avignon jou groet en ‘n bottel wyn geskenk gee – dan weet jy jy hou lekker vakansie.
Ons was twee dae in Avignon en dit was regtig baie lekker. Die gastehuis was fantasties. Dit was ons duur gastehuis  – die bederf vir die vakansie, want verblyf is duur.


Vooraansig van die gastehuis

 

Met ‘n kaart, aanwysings en aanmanings om net by Le Cid Cafe in Avignon middestad te eet is ons vroeg-vroeg Dinsdagoggend op pad.
Caroline, die gastehuis-eienaar tannie het presies vir ons aangedui waar om te ry en waar om te vermy.

Palais des Papes was eerste op ons agenda. Indrukwekkend. Tydens die 13e en 14e eeu was daar naamlik twee pouse. Een in die vatikaanstad en een in Avignon. ‘n Enorme kasteel van ‘n paleis. Scary om te dink dat dit eintlik oor God en die kerk moes gegaan het.
(15Euro toegang!) Toeriste kry ‘n luisterapparaat in hul eie taal (Engels) om na vertellings oor elke vetrek en item in die paleis te luister.
Dit was baie interessant en hier en daar het ek Mnr Meyer hoor praat – terug in my kerkgeskiedenis klas in st 5.

Die palais des papes

 

Luister na ‘n vertelling oor die paleis.

 

Caroline het ons aanbeveel om by Le Cid Cafe middagete te eet. “They make zhe fresh zandwiches. Zhe others, zhey cater for zhe tourists.” Inderdaad – dit was heerlik.

Die 15Euro toegang by die paleis het ook toegang tot die Pont Saint Benezet ingesluit. Die brug is gebou nadat ‘n man gese het God het in ‘n droom aan hom gesê hy moet die brug oor die magtige Rhone rivier bou. Die amptenare het gelag en gese as God dit gesê het, tel daai groot steen op en gaan lê die fondament. Die man het nie gehuiwer nie, die steen opgetel en in die water ingestap en die fondament gelê.

Ja, die brug is interessant, maar om te betaal om oor ‘n brug te loop…. ons kon van die kant af gekyk het 🙂
So uitstappie hou ‘n mens ‘n paar ure besig. Tenslotte het ons die Notre Dame kerk langs die Paleis besoek, dit is ontsaglik om die goud en versierings in die kerk te sien.

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *