My SD-kaart met foto’s van die naweek wil nie werk nie, so hier is net drie selfoonfoto’s.
Saterdag en Sondag het ons heerlik by Jacomien gekuier. Saterdagoggend het Jacomien, Carina en Marius eers gaan bootcamp vir ‘n uur in die bosse. Ek en Carina het gaan shopping doen vir die middag se braai. Marius, Jacomien, Marc en Carien het gaan fietsry. Carien het dit geweldig geniet.
Ek was so voorbarig om Henk, Mayke en Ouma te nooi vir ‘n braai. KJ en Jacomien het pas ‘n splinternuwe braaier gekoop en ons het dit ingewy. Dit was ‘n baie gesellige kuier. Na hulle weg was het Theo en Nicolet met Gerhard nog verbygekom vir ‘n koppie koffie.
Sondag was ek so moeg, maar ons was kerk toe. Arme Carien het haar papnat gehuil by die kinderoppas, niemand het my kom roep nie! Na kerk het Marius se groot skoolvriend, Herman met sy vrou en kinders kom koffiedrink en sommer gebly vir ete. Gesellig.
Die middag was Carien bitter moeilik. Seker deels die oppasdiens en deels die geweldig baie indrukke en al die nuwe mense wat sy moet ontmoet.
Vir haar is Jacomien en KJ se twee katte die beste ding onder die son.
Ons het regtig geweldig lekker gekuier. Dit was so gesellig en lekker om net bietjie op te vang. Jacomien is op hierdie stadium een van Carien se belangrikste mense.


