Om wakker te word in Maassluis is een van my lekkerste ervarings. Dis ‘n mengsel van die vreugdes, onder meer om in Nederland te wees. …
Familiefees in Zwolle

verken. droom. ontdek

Om wakker te word in Maassluis is een van my lekkerste ervarings. Dis ‘n mengsel van die vreugdes, onder meer om in Nederland te wees. …

My SD-kaart met foto’s van die naweek wil nie werk nie, so hier is net drie selfoonfoto’s. Saterdag en Sondag het ons heerlik by Jacomien …

Uiteindelik breek Heleen en William se groot dag aan. Gelukkig het ons heerlik geslaap. Die troue is in Zwolle, ongeveer 45 minute vanaf Amersfoort. Ek …
“Is julle mal om Carien saam te vat oorsee? Bring haar eerder na ons en gaan geniet jul tyd.” So sê vriende vir ons na …

Ons was vir ʼn volle week by die Leriba Coastal Golf Lodge, Princes Grant Golf Estate aan die dolfynkus. Ek het die week “gewen” deur …

Ons huisie het ʼn lieflike uitsig op die see, maar ons rits nog elke dag rond in die omgewing. Vandag was ons dag wat ons net vir die see gaan kyk. Ek en Marius het vroeg al om die baai gaan stap met kleintjie.
Teen middagete het die familie gesellig kom kuier vir swem en braai. Almal is af strand toe om te gaan swem en daarna het die Hollanders lekker op die gras gelê en tan.
Arme wolter moes studeer, so hy sit met sy studieboeke en kyk vir die see. Tannie Petra het lekker met Carien gebond en ons het lekker gesels. As mens so ver van mekaar bly is dit tog lekker om ʼn slaggie bietjie te kuier. Sy en Wolter is so 15:00 huis toe, maar Heleen hulle het gebly vir ʼn lekker braai.
Ons het weer bo gaan braai. As ons weer Heroldsbaai toe sou kom sal ek nogal hou van die boonste huisie eerder as die onderste een. Na ete het ek en Heleen foto’s geneem om te kyk of mens kan sien ons is niggies: eers van voor af en toe van die kant. Teen 19:00 moes ons groet. Dit was ʼn gesellige twee dae en jammer dat hulle so ver woon want ons het lekker gekliek.
Ons eerste vakansie met Carien het baie goed gegaan. Hopelik die eerste van vele. Ons was mal oor ons huisie op die strand, maar ons albei het erken die tyd op Louise se plaas was lekkerder. Ons siele rus die beste in die bos of by die berge. Die see is vir my onrustig. Ek kan nie ontspan met die konstante gedruis van die branders nie.