Nog bietjie familietyd in Nederland.

Wezep. Maassluis. 23 September 2018

Ons slaap laat vandag, ek en Mam is albei so so moeg van al die indrukke, ervarings en kuier. Ons besluit dus om laat te slaap en bietjie uit te rus voor ons terug ry na Maassluis. Ons gaan drink koffie by Mayke en Henk na hul kerkdiens. Dit word ʼn baie gesellige oggend, baie loud (arme Michiel druk sy ore toe en Oma het ook maar net net oorleef) maar geweldig lekker. Daar is niks soos familie nie en ek is baie lief vir myne. Desondanks die feit dat ons soveel kilometers van mekaar af woon, was ek sedert 2009 seker al meer by (tannie) Mayke aan huis as by my ander tannies. En dit is gewoonlik so lekker gesellig daar. Egte Nederlandse gasvryheid gemeng met die eie – jou eie mense.

Ons kom laat weg by Mayke en vandaar ry ons weer suid, terug na Maassluis vir ons laaste aand by H&T. Maar eers nog  ʼn baie gesellige kuier by my oom en sy vrou. Martin en Patricia het twee dogters net bietjie ouer as myne en ek verlang sommer na my kids terwyl ons daar kuier. Patricia bederf ons met allerhande glutenvrye lekkernye terwyl ons opvang met mekaar se lewens.

So kom ons baie kort blitsbesoek aan Nederland tot ʼn einde. Volgende: ons ma-dogter reis na Florence, Italië.

Mooi prentjie in Giethoorn, dit was al die vorige dag, maar met al die lekker kuier het ons skaars foto’s geneem.

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *