Nardo, Gallipoli & ‘n draai om die suidelikste punt

Ons vat vroegoggend die pad na Nardo en Gallipoli.

Nardo is ‘n mooi ou stad en ons gaan drink cappucinos op die Piazza Salandra in die ou stad. Ons stap hier net rond en verkyk ons aan die nou straatjies, kerke en geniet sommer net van die omgewing. Die stad is vol barok argitektuur.

DSCN4999
Die fontein is ook perfek om jou tone te was.
DSCN4995
Die monument dateer uit die 18e eeu.

DSCN4984 DSCN4997 DSCN5001 DSCN5004 DSCN5005 DSCN5006

Van hier af ry ons verder wes na ‘n kusdorpie met die naam Gallipoli. Dit is ‘n besonderse stad. DIe naam Gallipoli is grieks vir mooi stad. Die ou stad doen sy naam gestand. Gebou op ‘n eiland gryp dit die verbeelding aan. Die kenmerkende kasteel wat uitstaan as jy daar aankom was ongelukkig toe vir siesta-tyd presies toe ons daar was, maar ons kon steeds deur die ou stad se straatjies wandel.

DSCN5018 DSCN5024 DSCN5029 DSCN5037 DSCN5038 DSCN5039 DSCN5043 DSCN5044 DSCN5048 DSCN5050Ons reis verder om die suidste punt van Puglia opsoek na die lyn waar die Adriatiese en Ioniese oseanne bymekaar kom. By leuca kyk ons by ‘n uitkykpunt uit oor die hawe van leuca en verbeel onsself daar is ‘n duidelike skeidslyn tussen die twee oseane.DSCN5056

DSCN5062

Recommended Articles

2 Comments

  1. Sjoe ek reis darem lekker saam!

    Lyk fantasties.

  2. Dit lyk so mooi en kleurvol!! Ek lees nou eers al jou blogposts! So mooi.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *