“Fill your life with experiences, not things. Have stories to tell, not stuff to show.” – Unknown

Giethoorn. 22 Sept 18. Dit was op my wenslysie om te besoek in 2009, 2011, 2012, 2015 en uiteindelik kry ek die geleentheid in 2018. Giethoorn. Bekend as die klein Venesië in die noorde, maar ook bekend vir busse volle toeriste in piektye. Desnieteenstaande oorreed ek vir H&T dat ons die juweel van ʼn dorpie moet gaan besoek.

Ons slaap immers die naweek in Wezep, en ʼn trippie Giethoorn is soveel nader as wanneer ons in Maassluis sou slaap. Ek en my ma stap eers deur die bosse na Wezep, maak ʼn draai deur die winkels en gaan drink toe gesellig koffie by Mayke. H&T pik ons daar op voor ons deur die noorder gedeeltes van Nederland ry na Giethoorn.
Ons het ʼn bootjie gehuur en deur die pragtige landerye en nou kanale gevaar. Iewers het ons die toeriste tekens misgekyk en vaar toe eers die regte toeristegedeelte, die hart van die dorpie, teen die einde van ons boot-huur tyd raak. Wat ʼn pragtige klein dorpie. Ek sal beslis weer wil kom, hierdie keer soos ʼn regte toeris die winkeltjies invaar. Die keer het ons gelukkig soos reisigers die area verken en agter ons neuse aan gevaar. In die dorpie is bootjies die enigste vervoermiddel deur die nou kanale.

Interessant is dit Italianers wat in die 13e eeu die stigters van die dorpie was toe Fransiscan monnike hulle hier gevestig het.
Die kersie op die koek vir die dag: Tineke betaal die bootjie huur vir my en my ma as ons verjaarsdaggeskenke. En ʼn beter geskenk kan jy my nie gee nie: ʼn ervaring en herinnering om vir altyd te koester.

