Showing: 13 - 18 of 26 RESULTS

Ons huisie by die see

Ons huisie het ʼn lieflike uitsig op die see, maar ons rits nog elke dag rond in die omgewing. Vandag was ons dag wat ons net vir die see gaan kyk. Ek en Marius het vroeg al om die baai gaan stap met kleintjie.

Image

Teen middagete het die familie gesellig kom kuier vir swem en braai. Almal is af strand toe om te gaan swem en daarna het die Hollanders lekker op die gras gelê en tan.

Image

Arme wolter moes studeer, so hy sit met sy studieboeke en kyk vir die see. Tannie Petra het lekker met Carien gebond en ons het lekker gesels. As mens so ver van mekaar bly is dit tog lekker om ʼn slaggie bietjie te kuier. Sy en Wolter is so 15:00 huis toe, maar Heleen hulle het gebly vir ʼn lekker braai.

Ons het weer bo gaan braai. As ons weer Heroldsbaai toe sou kom sal ek nogal hou van die boonste huisie eerder as die onderste een. Na ete het ek en Heleen foto’s geneem om te kyk of mens kan sien ons is niggies: eers van voor af en toe van die kant. Teen 19:00 moes ons groet. Dit was ʼn gesellige twee dae en jammer dat hulle so ver woon want ons het lekker gekliek.

ImageOns eerste vakansie met Carien het baie goed gegaan. Hopelik die eerste van vele. Ons was mal oor ons huisie op die strand, maar ons albei het erken die tyd op Louise se plaas was lekkerder. Ons siele rus die beste in die bos of by die berge. Die see is vir my onrustig. Ek kan nie ontspan met die konstante gedruis van die branders nie.