Die roete deur Luberon: ‘n skilder se droom

Vroegoggend op pad uit vra Caroline (gastehuis in Avignon) ons uit oor ons roete na Aix-en-Provence. Sy stel ‘n roete deur Luberon voor.
Sy sukkel bietjie met die Engels en haar seun kon tolk vir ons. Na ‘n paar minute se gesels vertel hy dat hy vir 12 jaar in London gewerk het en baie Suid-Afrikaners ontmoet het. Een twee drie lei die gesprek na die sokker wereldbeker van verlede jaar. Was julle daar? Hoe was dit? Sy entoesiasme was aansteeklik. Ons herleef dit sommer weer.

Hy vertel die Franse sokkerspan het swaar deurgeloop na hulle neerlaag by die toernooi. Meeste van die ou spelers is nie weer gekies vir die span nie.

Dit was sommer lekker om bietjie oor jou eie land te kan gesels en bemarking te doen.

Volgens Caroline moet ons toe by die Abbaye de Senaque stop. By die abbaye maak die monnike self laventel produkte en verkoop dit. Alles is natuurlik. Sy waarsky ons ook dat die Laventel nie orals so mooi blom soos wat die moes nie, want dit was die afgelope twee weke nogal koud in Provence.

Die Abbaye is beslis ‘n skilder se droom – voor die Abbaye sit vrouens op klein stoeltjies met ‘n palet en verfkwas en skilder die prentjiemooi klooster met die laventel in die voorgrond.
Binne in die winkeltjie ruik dit ene laventel.
Dit was beslis die moeite werd om hier af te draai.

Ons roete deur Aix was ongelooflik mooi. Op een punt het ek M gevra om die kar te stop sodat ek net ‘n paar foto’s kan neem!

Een van die dorpies op die roete was Bonnieux, die dorpie waar die fliek ‘A Good Year’ verfilm is. ‘n Tipiese straatkafee in die dorpie.

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *