Comune di Cutigliano

Ons verblyf in die Toskaanse berge is amper verby. Op ons laaste oggend in die omgewing verken ons die klein dorpie Cutigliano, die naaste dorpie aan ons verblyf.

Die winkelure is iets om aan gewoond te raak. In Suid-Europese lande sluit die winkels vir middagete. Dit beteken vanaf 13h tot 16h is die winkels toe. 16h maak die winkels weer oop tot 20h, wat beteken dat hulle baie later in die aande eet as waaraan ons persoonlik in Suid-Afrika gewoond is.

Cutigliano is ‘n pragtige dorpie met die oulikste winkeltjies. . In ‘n klein koffie-winkeltjie het ek en 10 die oulikste klein snoepie-blikkies gekoop en in ‘n ander winkel het ons die perfekte afsetpunt vir ans en maria se produksielyn gesien. (Tyd om te begin uitvoer reken ek.)

Hier is ‘n paar foto’s om julle ‘n idee te gee van die dorpie.


Hierdie foto is spesiaal vir my ma 🙂

IMG_0906smaller

Die dorpsplein.

IMG_0914smaller

Die kerk.

IMG_0915smaller

Alle paaie lei na Rome, van hier af is dit nog so 4 ure se ry.

IMG_0929smaller

Uitsig oor die vallei.

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *