Voel die wind in jou seile. Verken. Droom. Ontdek.

“Twenty years from now you will be more disappointed by the things that you didn’t do than by the ones you did do. So throw off the bowlines. Sail away from the safe harbor. Catch the trade winds in your sails. Explore. Dream. Discover.” Mark Twain

So voel ek. Veral toe ek self agter die stuur van ‘n boot oor die Lugano Meer kon vaar.

Porlezza is ons tuiste vir die tweede week van ons verblyf in Italië. Porlezza lê aan Lake Lugano (Lago di Lugano) een van die groot mere in Noord Italië. Lake Lugano lê gedeeltelik in Italië en gedeeltelik in Switzerland. Ons is sowat 1km van die Switzerse grens wat beteken dat ons die hele tyd ons paspoorte in die kar moet saamry vir ingeval die man by die grens besluit hy wil ons optjek.
Porlezza is weer só ‘n mooi dorpie.

DSCN1178smaller

Porlezza van ver af gesien

Ons bly op die boonste verdieping van ‘n Italiaanse gesin se huis. Ek verkies dit want so ervaar mens die gemeenskap beter. Ons hoor hulle kuier en lag en sien hoe hulle lewe. Die leefkamer het ‘n klein balkon, presies genoeg vir ons 4 stoele en ons kuier verskriklik lekker. Boonop is die uitsig absoluut asemrowend. Die eerste aand wat ons hier ingestap het het daar ‘n ligte wolk/mislaag oor die meer gehang omdat dit gereën het. Ons het almal vir ‘n minuut net gekyk en gekyk en gekyk.
Die lekkerste van alles is dit is baie goedkoper om so te bly!
Soggens, laatmiddag en saans sit ons op die balkon en kyk uit hoe vissersbootjies rustig voort dryf en motorbote oor die water skeur.
IMG_0965smaller

Uitsig vanaf die balkon.

Een van die lekkerste goed wat ons al hierdie week gedoen het was om ‘n bootjie te huur en vir twee ure op die meer te vaar. Ons het ‘n baie streng minister van finansies (10) wat ons uitgawes beheer, maar sy het die huur goedgekeur. M het die man wat die bote uithuur gevra of ons spesiale afslag kan kry omdat ons van Suid-Afrika afkom, en jip, ons het dit gekry.
Dit was regtig ongelooflik, ek het my nek verrek soos wat ek my verkyk het aan die huise, bote en mense. Hierdie foto is my gunsteling.
DSCN1079smaller

Links van 10 is die bootjie waarmee ons gevaar het.

Een van die dorpies langs die meer.

DSCN1106smaller

DSCN1122smaller

‘n Happy-moment op die boot.

Gelukkig stap ons nogal baie om oral te kom en ek en M het ook nou die oggend ‘n paar km na die volgende dorpie gestap, net om bietjie oefening te kry. Want ons eet so verskriklik baie lekker kos, dat die gevaar bestaan dat ons van die vliegtuig afgerol sal moet word.

Recommended Articles

2 Comments

  1. Ek weet nie of dit my internet is nie, maar ek kry nie al jou fotos gesien nie. Hoe ver ry met die kar is dit van Lucca, Tuscany na Porlezza?

  2. Ek sien dit nou. Dit is onaangenaam. Waar is my fotos heen?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *