‘n Draai deur die Ferrari hoofstad, Maranello

Na ‘n week in Toskane vertrek ons na die noorde van Italië, by Lake Lugano, so 1km vanaf die grens tussen Italië en Switserland.

Dit is so 400km vanaf Toskane en omdat dit HH en 10 se 7de huweliksherdenking is ry ons via Marranelo, díe Ferrari hoofstad. Hier is die Ferrari fabriek en museum. Sowat 1km buite die dorp begin die Ferrari’s al verby jou te skeur.

Buite die museum staan poppies in rooi wat ritte in Ferrari’s bemark teen 60Euro vir 10 minute. M het sy idee om ‘n Ferrari te toetsbestuur teruggetrek, want teen R600 vir 10 minute kan jy amper een koop.

Hierdie is die Ferrari waarmee die span die kampioenskap in 2002 ingepalm het. Eers nadat ek die foto geneem het het ek verstaan die dame agter die toonbank bedoel ek dat ek nie mag foto’s neem nie.

DSCN1071smaller

10 en HH by die 599 Fiorano Ferrari (hulle spel dit vir my, ek verstaan niks hiervan nie :))

DSCN1073smaller

M voor die museum.

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *