Poskaarte uit Paindane

Ons bly in ‘n lieflike huis net buite die Paindane oord by Paindane Bay. Dit is ‘n vriend van Tinus se huis.

Ons staan vroeg op, stap langs die strand, snorkel, kyk walvisse en dolfyne en ry rond op die smal sandpaadjies tussen die plaaslike villages.

Wanneer die kinders in die villages ‘n kar hoor aankom hardloop hulle na die paadjie, handjies uitgestrek en skree “sweetie, sweetie” of “penne, penne”, hulle wil graag ? sweetie of pen hê om mee te skryf. Tot my groot spyt het ek vergeet om ‘n boks penne te koop, dis erg om te dink dat penne so kosbaar vir hulle is (en sweets is sleg vir hulle J).

Rigtingwyser na Paindane

Tans is dit so tussen half 9 en half 10 in die oggend laagwater. Dan kom die plaaslike inwoners om kos uit die rif te haal, sommige om hul eie gesinne te voed, maar ander vang die visse om te verkoop. Dit is interessant om hulle dop te hou.

Dit is ons vierde keer in Mosambiek, danksy Tinus en Anandi wat ons in 2008 die eerste keer saamgenooi het. Paindane is sover die lekkerste plek om te bly omdat daar ‘n lekker rif is waar ‘n mens kan snorkel as dit laagwater is.

Dit is nou buite seisoen en baie min vakansiegangers, die afgelope twee oggende was ons drie voertuie op die strand. In Desember is dit natuurlik ‘n ander prentjie.

Strandsambrele by Guinjata Bay
‘n Verlate vissersboot

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *