There is no wi-fi in the forest… but I promise you will find a better connection.

20150801_091554

Daar is niks soos ʼn naweek weg uit die stad nie. En toe ek ʼn prys by die Orion Hotel Group se Christmas in July funksie wen, vir verblyf by die Magoebaskloof Hotel, was ons reg om die naweek so gou moontlik te gebruik. Boonop brand ons al vir drie weke om die nuwe Ford Eco Sport op die langpad te toets.

Die hotel het ons verwagtinge oortref. Donderdagaand het ons bevestiging gekry dat ons die naweek kan kom, Carien ingesluit. Vrydagmiddag het ons die N1 Noord aangedurf. ʼn Uur later as wat ek graag wou, wat beteken het die laaste uur het ons in die donker gery – eintlik totaal teen ons beginsels.

Maar nietemin, half 7 Vrydagaand stop ons voor die Magoebaskloof Hotel. Eerstens word ons só vriendelik verwelkom deur die personeel, en die bestuur Jacques. Ons kamer is lieflik groot, met ʼn balkon en ʼn fantastiese uitsig oor die kloof. Hulle selfs vir Carien ʼn kot opgeslaan, tot haar groot plesier.

Vroegoggend uitsig vanaf die balkon.
Vroegoggend uitsig vanaf die balkon.

Die hotel het ons aangenaam verras. Marius was al van te vore vir ʼn werksberaad hier, maar dit was my eerste keer. Die personeel was die hele naweek werklik vriendelik. Alles was skoon, netjies en gerieflik. Die buffet ontbyt was heerlik en die aandete Saterdagaand was fantasties. Ek het eerlikwaar my vooroordele gehad oor ʼn hotel-aandete, na ervarings by hotelle in die verlede, maar ons het gesmul. Ek het na die hoofgereg Carien teruggevat kamer toe om te gaan slaap, en die nagereg is na ons kamer gestuur met koffie.

Ek dink Carien se hoogtepunt was die “turndown service” elke aand. Sodra die vrouens by die deur uit is, het sy gehol vir die tjoklits op die bed.

Hierdie hotel sal ons beslis weer sien, ek dink veral ook as ʼn oornag op pad Kruger toe. Van daar af is dit net ʼn uur en 40 minute tot by Phalaborwa hek.

blog_IMG_2773 blog_IMG_2808 blog-IMG_2772 IMG_2698

Ons het die Saterdag gebruik om die omgewing te verken. Die Debangeni Waterval is so 13km rigting Tzaneen. Die brosjure sê jy moet verkieslik ʼn “high clearance vehicle” hê om deur die woud te ry. Ek dink in nat weer sal dit verseker ʼn moet wees, maar gelukkig was die eco hoog genoeg aangesien dit basies maar net grondpad was. Die waterval is die moeite werd om te besoek. Dit was Carien se eerste waterval en sy was mal daaroor.

blog_IMG_2720 blog_IMG_2721 blog_IMG_2739

Die middag het sy en Marius die 1.5km gaan stap na die waterval onder in die kloof by die hotel. Vir haar het die naweek gegaan oor watervalle.

Debangeni Waterval
Debangeni Waterval

Vir middagete het ons na Haenertsburg gery. ʼn Dorpie waar ek al baie van gehoor het, baie verby gery het maar nou vir die eerste keer besoek het. Dit is bitterklein. Die museum in die hoofstraat vertel die geskiedenis van die ou mynersdorpie. Daar is ʼn paar restaurante om van te kies, ons het besluit op Minki’s vir middagete, die perfekte keuse. Ons sou baie graag ook die pub wou besoek, veral in die aand. Maar hopelik op ʼn volgende keer.

blog_IMG_2765
Middagete by Minki’s
blog_IMG_2769
Haenertsburg
blog_IMG_2774
Sonsak Haenertsburg

Dit was ʼn heerlike naweek. Dankie aan die Orion Hotel Group en dankie aan die fantastiese span by Magoebaskloof Hotel.

blog_IMG_2708

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *