Velletjies waspoeier? Ja, asb!

Handige nuwe wasvelletjies het my vakansies kom verander. Personal Touch waspoeiervelle maak wasgoed was tydens rondrits soveel makliker.

Ek jok nie vir jou as ek sê ek hou van wasgoed was nie. Regtig! Daai vars reuk van nat wasgoed wat uit die masjien kom, vars gewas…. Dit is een van my gunstelinge reuke.
Wanneer ons reis, maak ons 90% van die tyd gebruik van selfsorgvakansieplekke of kampering, dus wasgoed was is deel van die vakansie. Ek het nog net twee keer in my lewe wasgoed by ‘n wassery laat was, en beide kere was ‘n teleurstelling. En met twee dogtertjies wat baie lief is vir speel in die buitelug, moet ek gereeld ons wasgoed was tydens ʼn vakansie.
Ek moes dus met elke vakansie die bakkie waspoeier saambring. Dit het plek gesteel en die poeier het oral gemors!

Dus, ek is baie dankbaar vir die velletjies wat van nou af saam met ons gaan reis. Ek het ‘n lysie van voordele saamgestel oor hoekom dit perfek is vir en jou (en my) volgende vakansie:

  • Die velletjies kom in ‘n handige lugdig ziplock sakkie wat jy maklik saam kan reis.
  • Geen bakkies met poeier wat kan mors in jou bagasie, karavaan of kar nie.
  • Dit ruik vars en lekker.
  • Dit is baie maklik om te bepaal hoeveel jy moet gebruik. Die velle is geperforeer in die middel. Vir ‘n halwe was (2 tot 3kg) gebruik jy ‘n halwe vel en vir ‘n vol was (4 tot 6 kg) gebruik jy ‘n hele vel.
  • 18 velle is soveel soos 2kg waspoeier, jy spaar plek!
  • Jy plaas die vel eerste in jou masjien, dan jou vuil klere, dit los vanself op. Geen wit poeiermerke op jou klere nie!
  • En dan is jy boonop gaaf met die omgewing want die verpakking gebruik 64% minder plastiek as wat die 2kg waspoeiersakke doen.



Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *