Op reis – JHB – CDG – AMS

“Is julle mal om Carien saam te vat oorsee? Bring haar eerder na ons en gaan geniet jul tyd.” So sê vriende vir ons na ek vertel ons gaan Nederland toe vir my niggie se troue.

Ons weet dis dapper maar sonder haar gaan ons nie reis nie. Al is dit ‘n gesukkel om die reisdokumente betyds in plek te kry. Uiteindelik is dit 29 April en ons vertrek. Ek is egter die meeste gestres van al drie van ons. Ons vliegtuig styg net voor sewe uur die aand op, teen half nege die aand slaap C op die grond en Marius in sy stoel.

Tussen ons is daar ‘n stoel oop. Die persoon wat daar moes sit was so gelukkig om ‘n ander sitplek te kry. Carien was eintlik so soet op die vlug, sy en Marius het heerlik geslaap. Ek nie. Ek kyk elke 10 minute op my horlosie. Uiteindelik dommel ek weg tussen een en twee uur.

Die oorstap(hardloop, eerder) verloop goed, maar die vlug tussen Parys en Amsterdam is propvol en die sakeman wat langs ons moet sit, duidelik nie gelukkig dat hy langs ‘n baba moet vlieg nie. Jammerlik genoeg was Carien nie so gelukkig met die vlug nie en skree sy omdat ons haar moet vasmaak vir die opstyg. Gelukkig vir ons raak sy na ‘n rukkie aan die slaap.

DSCN5454_BLOG
Carien wys vir haar beertjie die ander vliegtuie.

T kom haal ons op die lughawe, ons maak ‘n draai by H se werk en kry die huurkar. Vandaar reis ons verder na Den Haag om die huis se sleutels by Jacomien op te tel. Ek slaap uiteindelik so twee kilometer voor Jacomien se werk. Marius, Jacomien en Carien het sommer dieselfde middag nog gaan stap en inkopies gedoen terwyl ek verder gaan slaap het. Ons het die aand vroeg gaan slaap.

IMG-20150430-WA0008
Inkopies.

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *