Maandagoggend het ons ons vakansiereis begin. Ons ry na Maassluis waar ons by Tineke en Harald aansluit. Ons gaan drink ‘n vinnige bier in Delft en eet die aand met Harald se ouers in Maassluis by de Hofnar. Carien was hier stroopsoet en val by die restaurant in my arms aan die slaap.
Dinsdag pak ons ons tasse en vertrek 12:00 na Eindhoven. Dit is ongeveer twee ure se ry. Ons vlieg met RyanAir na Brindisi en vandaar is dit nog ‘n uur en ‘n half ry na Torre Specchia Ruggeri. Gelukkig eet die Italianers eers half nege in die aand, so ons is nog meer as betyds vir aandete. Ons het heerlike pizza’s geeet in San Foca.


Woensdag. Ons huisie is dolleeg so ons moet eers ‘n supermark vind om kos te koop. So ons woensdag word ‘n dag vir inkopies en chill. Ons huis is letterlik 100 meter vanaf die mooiste strandjie en 200 meter vanaf ‘n pizzeria. Die naaste dorpie, San Foca, is so 4km.
Ek en H&T stap later die paar blokke strand toe en verken die sogenaamde Torre Specchia Ruggeri. Dit is indrukwekkend. H vind ‘n manier om in die toring te kom en hy en T stap rond. Ek kyk sommer van buite af.











Oulik! Xxx
Die strand is mooi.
Ek hou van Carien wat slaap op die bank.