Speletjies vir die hele gesin

Daar is opwindende nuwe speletjies op die mark vir groot en klein. Rondrits het ʼn paar van die nuwe speletjies beproef en dit kry ons stempel van goedkeuring!

Dit is geen geheim dat jong kinders deesdae omtrent voor skerms vasgegom is nie. En ons almal weet dit is sleg vir kinders. Maar hoe nou gemaak met naweke, vakansiedae en veral die lang skoolvakansie wat voorlê? En ook die lang pad wat julle as gesin wil aanpak vir die Kersvakansie?

SolarPopGoPlay het vir Rondrits ‘n paar nuwe en moderne speletjies gepos wat my kinders moes beproef. My dogtertjies (6 en 8 jaar oud) en ek het verwag hulle sou opgewonde wees oor die speletjies. Maar dat my kinders vir ‘n hele naweek nie wou skermtyd neem nie want hulle wou elke liewe speletjie beproef en oor en oor speel, dit het ek nie verwag nie. Tog is dit wat gebeur het!

Ek plaas vir jou hier ʼn lysie van die speletjies wat nou in die winkels te koop is, gaan loer gerus. Ek gee ʼn kort beskrywing by elke speletjie en sal ook noem wat vir my kinders lekker was.

Speletjies vir op pad in die kar

Spot it

Perfek vir rondrits in die kar. Dit kom in ʼn ronde blikkie so twee kinders kan dit lekker in die kar met mekaar speel. Dit vat nogal konsentrasie en ek vermoed hierdie speletjie is baie goed vir kinderontwikkeling. Maar wees gewaarsku, ek het al ʼn paar keer verloor. Jou brein trick jou!

Magformers

Magnetiese vorms wat jy kan gebruik om legkaarte te bou (daar is voorbeelde in die boekie wat jy kan namaak) of jy kan jou verbeelding gebruik om enige iets te bou. Ek moes een aand ons arme marmotte gaan red toe ek sien daar is ʼn groot konstruksie in die marmot-hok gebou. Die kinders was uiters opgewonde, die marmotte was effens benoud.

Speletjies vir die by die huis of jou vakansiebestemming

Drone Home

Uiteraard was dit hulle gunsteling. Dit is ʼn spel vir 2 tot 4 spelers, so ons hele gesin kon saamspeel. Die een wie se alien eerste in die drone home is laat die drone letterlik in die lug opstyg! GROOT pret. Die een wie se aliens eerste op is, wen. Hierdie speletjies was ʼn GROOT treffer.

Taco Cat Goat Cheese Pizza

Oooo nog so lekker breinspeletjie! As ek dit moet vergelyk is dit amper soos snap, maar met lekker tongknoper brein uitdagings!

Happy Salmon

Hierdie speletjie kom in ʼn handige tassie, maklik om mee te reis. Drie tot ses spelers en dit kan baie vinnig gespeel word as jy reg speel. Aksie Aksie aksie en beweging! As ek dit moet op som kom dit baie neer op die bekende kaartspeletjies waar jy met elke tipe kaart ‘n ander aksie moet uitvoer. Dit kan dalk ook ʼn lekker ysbreker met nuwe maats wees.  

Pencil Nose

Hierdie een is vir pret! Jy moet ʼn prentjie met jou neus teken en jou maats moet dan raai wat jy teken! Ja, maak reg vir baie lag!!!

Ek dink eintlik hierdie speletjies sal ook baie lekker werk vir grootmense tydens ʼn kuier.

5 Second Rule

Hierdie speletjie is wel vir kinders agt jaar en ouer, of kinders wat engels kan lees. Jy gaan die eerste paar keer met ‘n grootmens moet speel sodat die kinders mooi verstaan hoe dit werk. Ek dink dit is ouliker vir bietjie ouer kinders, maar dit is ook ‘n lekker dink speletjie en veral lekker vir kwaliteit-gesinstyd. Dit kom met ‘n lekker 5 sekonde afteller.

Snap ships: battle set

My agtjarige het hierdie stel ontsaglik geniet. Jy bou jou eie battle ships en daarna kan jy met dit speel.

VIR MEER INLIGTING

https://www.solarpop.co.za/ of https://www.facebook.com/SolarpopGoPlay/

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *