Handsaniteerder vir jou reistas

[rondrits resensie] Mrs Martin’s hand saniteerder

As daar een woord uitstaan van 2020 wat my kinders geleer het wat hulle waarskynlik nie sou geleer het nie is dit SANITISE!

Ek en my gesin het almal baie sensitiewe velle, en die harde chemikalie in die saniteerders val ons letterlik aan.


Maar dankie tog daar is maatskappye wat verder dink. Ek is mal oor Mrs Martins se saniteerder. Hulle saniteerder is nie-alkoholies, bioafbreekbaar en bevat boonop bevogtende olies.

Ek is mal oor die reuk van pepermentolie in die saniteerder en ek spuit dit ook selfs op my gesigmasker.

Ek is veral mal oor oulike formaat van die handige handsakgrootte waarin dit beskikbaar is. As iemand wat lief is vir reis, maar nou veral ook ekstra bewus is van vuil en virusse om ons, is dit lekker om die handsakgrootte in my handsak en reistas te pak.

Ek het sommer die 750ml spuitbottel in die karavaan gepak op ons mees onlangse road trip en wanneer nodig het ek die handsakgrootte hervul uit die spuitbottel.


Mrs Martins reis eintlik al ʼn wyle saam met ons, ek is baie lief vir die surface spray ook. So oorweeg dit gerus. As jy meer wil weet, klik op die skakel hier: (affiliated link)

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *