Ons voel al beter na ‘n goeie nagrus. Die vriendelike eienaar van die gastehuis het ‘n sirkelroete voorgestel verby verskeie klein middeleeuse dorpies: Coursegoules, Gourdon, Tourettes-sur-Loup en St Paul de Vence.
Wonderlike plan! Net jammer dit het begin reen toe ons skaars uit Vence uitgery het. Dit was tog heerlik en laatmiddag het die son weer kop uitgesteek. Hier is ‘n paar foto’s om julle ‘n idee te gee.
Tourettes-sur-Loup
St Paul de Vence
St Paul de Vence is baie mooi, maar baie kommersieel, die ander dorpies is beslis ‘n moet op jou to do list!