Ons het afgespreek om vir die dag Oudsthoorn en omgewing te gaan verken. Ons kry mekaar onder aan die voet van die Outeniekwa-hop en ry …
Deur die Outeniekwa-hop na Oudsthoorn.

verken. droom. ontdek

Ons het afgespreek om vir die dag Oudsthoorn en omgewing te gaan verken. Ons kry mekaar onder aan die voet van die Outeniekwa-hop en ry …

Die tuinroete bly maar mooi. Nadat ons vir Louise en Eben gegroet het is ons deur na Wilderness waar ons net bietije rondgery het. Ons is op teen die berg om na die Kaart van Afrika te kyk. Dit is ʼn bergpunt waar ʼn varswater rivier en ʼn seewater uitloper bymekaar kom. Die rooi in die water is die tanniene van die boomwortels. Die gids vertel die interessante storie van pragtige huise wat op die oewer onder gebou is – hulle was te koop vir 5 miljoen, nou vir 3.5 miljoen. Maar die eienaar kry dit nie verkoop nie want niemand wil hulle verseker teen vloedskade nie.


Vandaar is ons Heroldsbaai toe waar ons vir die volgende drie nagte slaap. ʼn Klein selfsorghuisie wat uitkyk op die see. Die huisie (genaamd: Hier is ons weer) het ‘n lieflike uitsig op die see, maar ek is bietjie teleurgesteld in die binnekant vir die prys per nag. Die gordyne het beslis al beter dekades geken.
Nadat ons ingetjek het is ons terug George toe na my tannie Petra waar my nig Heleen en haar boyfriend William uit Nederland kuier. Ons het gesellig saam geëet en gekuier.


Ons het twee nagte by Louise en Eben oorgeslaap. Dit was baie lekker. Ek is altyd benoud as ek by vriendinne gaan kuier maar ons …

Ek sukkel om tyd te maak vir blog, maar uit ervaring het ek al geleer ʼn mens vergeet jou reise as jy nie daaroor skryf …
Ons het die afgelope naweek in Denekamp gebly vir ‘n troue. Dit was heerlike kuiertyd saam met M se familie omdat al die boeties en …

Ons het die dorpie Gouda saam met H+T en my oom en sy vrou en hulle twee kiddies verken. Na ‘n heerlike bakkie koffie tuis …