Om wakker te word in Maassluis is een van my lekkerste ervarings. Dis ‘n mengsel van die vreugdes, onder meer om in Nederland te wees. Soos gewoonlik is ek al vroegoggend wakker en stap af kombuis toe om rustig koffie te drink.
Ek en my ma drink koffie onder, maak geselsies tot T en later H af kom kombuis toe. H bou vir ons ‘n heerlike gesonde ontbyt. Ons eerste afspraak is om na hul nuwe huis te gaan kyk, vir my is so iets altyd belangrik want jy wil ‘n idee hê waar die persoon leef of sit wanneer jy bel en Whatsapp. Vandaar doen ons ‘n paar dinge in Maassluis centrum. As ek nou terugdink hieraan dink ek dis so jammer ons het so min tyd daar gehad. Ons beplan ons roete na Zwolle vir die troue, maar toe H&T hoor my ma was nog nooit in Rotterdam nie word enige idees summier geherlei via Rotterdam. Dit was nie ‘n volskaalse verkenning van Rotterdam nie, maar eerder ‘n warrelwind rit deur die mooi stad met ‘n lekker lunch by die Markthal. Ons vertrek vandaar rigting Wezep waar ek en my ma op ‘n kleinhoewe slaap voor ons troue toe gaan.
Die gastehuis op De Heidehoeve is net buite Wezep, stapafstand van my tannie, in ‘n pragtige omgewing. Toe ons stop sien ek die verbasing op die eienaar se gesig dat daar 4 mense is, maar ek stel haar vinnig gerus ons is net 2, die ander 2 ry weer aan. Dit is die pragtigste huisie met ‘n karaktervolle sitkamer en ope haard kaggel, twee slaapkamers en ‘n badkamer en kombuisie. Ons trek ons feesklere aan en ek kan nie glo hoe die dag gevlieg het nie, ons wou eintlik nog aandete met my oom en sy vrou in Zwolle geëet het, maar nou is daar skaars tyd om ‘n appel te sluk.
Ons kom in die reën aan by die kerk in Zwolle. Reën bring seën geluk op ‘n troudag se hulle altyd. Wat ‘n heerlike lekkerte om my liewe ouma, my tannies, my ooms al my beautiful niggies en my neefs weer te sien. My neef trou met sy mooi vrou in ‘n roerende diens. Hulle het dieselfde trouteks as wat ek en M gehad het en die dominee gee ‘n kragtige boodskap. My neef en sy vrou le die mooiste troubeloftes aan mekaar af, ek het dit nogal dapper gevind om so hul liefde voor almal aan mekaar te verklaar. Na die diens geniet almal ‘n lekker stukkie koek en is dit tyd vir gelukwense voor ons na die onthaal vertrek. Die aand was ‘n groot fees, vir my was die samesyn met familie so lekker. Om weereens langs my ouma te kan sit in haar geboorteland, dit is priceless. My oom Henk maak seker daar kom genoeg platters met kos wat ek en my ma kan eet op ons tafel. Ons neem foto’s kyk vir die pragtige bruid en geniet hulle vrolike dansnommer waarmee hulle die dansbaan open. Een van die gaste vra my en Martin of ons broer en suster is. Ek is nie seker of dit ek is wat so oud lyk of Martin is wat so jonk lyk nie, ek glo laasgenoemde. Die aand is te vinnig verby, ons kry ‘n lift met my liewe Martin en Patricia wat spesiaal 45 minute ekstra moet ry om net ons by die huis te kan aflaai voor hulle weer huis toe ry.

[/pl_text]
[/pl_col]
[/pl_row]













Lekker ne xxx jammer dis alweer meer as n maand gelede. Ons moet nou weer voorberei vir volgende jaar se troue. Dink nie dat die familie weer sal kan kom nie . Haha. Volgende keer moet jy jou trippie net iets langer beplan 🙁 hehe
Liefs Mayke
Outlook voor Android downloaden
________________________________
Ja, dit voel soos gister. Dit was so so lekker. Volgende troue sal ons maar deur die web stream 🙂