Clubmed Albion. September 2019. Twee gesinne, vier kinders onder ses jaar, sewe nagte, son, sand en see. Mauritius is ‘n droom vakansiebestemming. En met reg. Dit is alles wat mens hoop dit gaan wees, en nog meer.

Die tyd vlieg, maar ek weet hoe vergeet mens die lekker van ‘n wegbreek of vakansie as ek nie daaroor blog nie. Einde September, begin Oktober het ons ‘n heerlike sewe nagte by Clubmed Albion in Mauritius spandeer. Dit was ons twee besoek as ʼn gesin aan Mauritius, en ons sal enige tyd weer gaan.
Dit is ‘n lieflike oord aan die Albion strand. Soggens as almal nog slaap staan ek op en stap deur die oord. Met die voëls wat sing voel dit asof ek in ʼn bosparadys loop. Die spesifieke oord het meer ʼn partytjie-kultuur, so mense kuier tot vroeg in die oggend en word eers hier teen tien, elfuur soggens wakker. Ons is dan reeds klaar met ontbyt en op die strand.
Elke aand is daar ʼn ander tema waarvolgens jy kan aantrek …
Ontbyt is natuurlik ʼn groot uitgebreide, eet soveel as wat jy wil ontbyt. Die kids kan gewoonlik nie wag om klaar te eet om te gaan swem nie. Op die speel hulle heerlik in die water, soek vissies en swem en Marius paddle board. Die kids wil gewoonlik na ʼn ruk op die strand swembad toe skuif, en daarna is dit weer tyd vir die middagete. Natuurlik is ʼn middagslapie verpligtend, en na ʼn slapie is dit tyd om wéér te gaan eet, die keer snacks en pannekoeke langs die swembad. Elke aand is daar ʼn ander tema waarvolgens jy kan aantrek – dit is nogal oulik en help met jou beplanning as jy jou tas pak. Die personeel doen geweldig baie moeite met hul gaste, hulle wil selfs saam met jou aan tafel sit en gesels en eet (dit was net een te veel vir my J).
‘n Zen-swembad, slegs vir volwassenes, aan die verste punt van die oord is ‘n heerlike bederf as jy net bietjie wil wegkom van die vakansie lawaai. Ons het beurte gemaak as ouers om so nou en dan daar te gaan asemskep.

“Een van die ongelooflikste goed was om die vlermuise teen skemer te sien invlieg oor die eiland.”
Een van die ongelooflikste goed was om die vlermuise teen skemer te sien invlieg oor die eiland, ek sal dit altyd onthou. Ons het heerlike kos geëet, lekker Aperol Spritz gedrink of G&T’s en interessant genoeg baie min Suid-Afrikaners gesien. Hierdie oord het ongelukkig net huiswyne gehad as deel van all inclusive, maar die koffie was fantasies, die kroeë het almal Nespresso masjiene gehad, so ons het heerlike koffie gedrink.
Ek deel so paar foto’s van ons week op die tropiese eiland.
[/pl_text]
[/pl_col]
[/pl_row]
























Wow stunning!! Love die mooi fotos.. skep so rustige admosfeer