Portofino – Italiaanse riviera

Portofino is ‘n bekende dorpie aan die Lugierse kus aan die middelandse see.

Dit is ‘n jaar sedert die sokkerwereldbeker in SA afgeskop het. SA is beslis op die kaart. Op pad na ons vakansieverblyf in Toskane stop ons in Portofino. ‘n Straatverkoper stap ons af. Ek en M reageer albei in Afrikaans met ‘n” Ek verstaan jou nie, ek praat Afrikaans” in ‘n poging om hom af te skud.
Maar die verkoper se gesig helder op: “Aha! Goeie middag Waka Waka”. Ons het spontaan gelag.

Middagete was bietjie duur so ons het net ‘n stuk pizza by ‘n straatkafee gekoop.
Die hawe is mooi, en ons het oopmond gestuur na die luukse seilbote wat in die water dobber.

‘n Italiaanse huis by die hawe

Die hawe

Ek en 10.

Een van die luukse seilbote.

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *