Lecce, wyn in Guagnano en pizza in Otranto

Na aandete in Lecce Saterdag het ons geweet ons moet die ou stad nog in daglig verken. Ons split op in twee groepies. Die barok argitektuur, interessante winkels en mense maak dit ‘n lekker ervaring. Ek moet eerlik sê as ‘n mens in een kerk was, was jy in amper almal… hulle lyk baie dieselfde van binne af. Ek en Marius ervaar ‘n benoude oomblik in ‘n stegie, maar ons Afrika-sensors laat ons vinnig omdraai en die hasepad kies na besiger strate.

DSCN5116 DSCN5120 DSCN5130 DSCN5134 DSCN5137

Marius proe die tipiese tertjie uit Puglia, ‘n Pasticciotto. Dit is ‘n gebakte koekie, lyk amper soos pasteitjie, met vla binne in.

Na middagete in Lecce ry ons na Guagnamo wat in die Negroanamo wynstreek geleë is om te gaan wynproe. ‘n Kliënt het H aanbeveel om te gaan wynproe by Claudio Quarta. Dit is in die hartjie van Guagnano en het ‘n interessante museum van hoe wyn jare terug onder die grond verkoel is.

DSC_0252 IMG_6734

Min restaurant is oop op Maandagaande, maar ons vind gelukkig een in Otranto reg langs die see. Die weer is guur, die branders slaan teen die rotse, maar binne was die geselskap lekker en die wyn warm. Nagereg was gelato natuurlik.

DSC_0285 DSC_0273

Recommended Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *