Naweke, veral langnaweke draai baie Gauteng karre se neuse na Clarens. En met rede. Clarens, gestig in 1912, word as die juweel van die Vrystaat gesien. Die dorp staan bekend as ‘n kunstenaarsdorp en is ‘n lekker wegbreek uit die stad. Daar is so baie verblyfopsies om van te kies dat dit iets vir elke reisiger bied. Van backpackers, selfsorghuise, gastehuise en hotelle sal elke tipe reisiger die regte bed vir sy of haar voorkeure kan vind.
Indien jy bereid is om elke dag in te ry dorp toe is daar ook kampeeropsies buite die dorp. Ons het ‘n selfsorghuisie in die gholflandgoed bespreek, natuurlik met ‘n parkie, sodat die kinders kan fietsry en speel.

‘n Tipiese Gautenger naweek is gewoonlik rondslenter tussen winkeltjies met verposings in die verskillende restaurant, koffiewinkels of die bierbrouery.
Hier is ‘n paar idees vir ‘n naweek in Clarens:
Pak jou fiets in. Daar is lieflike bergfietsroetes rondom Clarens en tussen die Golden Gate Nasionale Park.
Vir die meer avontuurlustiges is quad bike dalk ‘n lekker opsie.
Gaan ry perd. Daar is verskeie opsies, en selfs pretritte deur die dorp, maar Bokpoort is seker die bekendste opsie vir ‘n perdrit.
Stap in die berge. Jy kan in die berge rondom Clarens gaan stap of een van die vele staproetes in Golden Gate Nasionale Park gaan doen.
Besoek Clarens Xtreme vir die adrenalienvrate. Vir die adrenalienvrate is daar heelwat opsies by Clarens Xtreme.

En soos gewoonlik reis ons met die Patrol #blazemonstermachine 
Ingang na die gholflandgoed
Of, maak soos ‘n gewone Pretorianer en beplan jou dae volgens ontbyt, ‘n laatmiddag lunch en ‘n aandete by een van die plaaslike restaurant met lekker baie inkopies tussen in.
As jy sukkel om verblyf te kies loer gerus na hierdie opsies:
Willow Creek Villas in die gholflandgoed. Ons het hier gebly, en dit is perfek vir gesinne of vir vriende wat saam wil wegbreek.
Ambleside Cottage in die dorp, aan die voet van die berg. Perfek vir diereliefhebbers want hier is jou diere ook welkom.
Mont d’Or boetiekhotel vir die wat ʼn bietjie meer luuks wil wegbreek.

